Alfalfa accommodation contractors accommodation self catering

Alfalfa Kontrakteurs Akkommodasie ag die plaaslike besigheidsgemeenskap baie na aan die hart en het daarom besluit om teen die einde van 2013 kragte saam te snoer met die Vredendal Robalklub en `n sosiale besigheidstoernooi aan te bied. In totaal het agt spanne met uiterse toewyding en sportmangees elke Donderdagaand vanaf die 26ste September tot en met die 21ste November 2013 op die robalbaan toegesak om die koel lente aande stelselmatig vaarwel toe te roep.

Claassen en Stone het as oorwinaars uit die finale stryd getree na `n epiese stryd met niemand anders as Alfalfa Akkommodasie se eie top drie nie. Derde plek het gegaan aan die span van Worksafe met die baie gepaste naam Bowlsafe. Veiligheid eerste boys, veiligheid eerste.

Die toernooi was `n reuse sukses en Alfalfa Akkommodasie sien uit daarna om in 2014 weer betrokke te wees by hierdie inisiatief.