Kontrakteurs akkommodasie accommodation Vredendal

Alfalfa Kontrakteurs Akkommodasie is tans besig met `n Pay-it-Forward inisiatief in die Vredendal omgewing. Ons noem dit die Dankie-Vir-Die-Diens Projek.

So elke nou en dan vind ons `n besigheid in Vredendal wat nie net goeie diens lewer nie maar, bereid is om die ekstra myl vir hulle klante te stap. In `n omgewing waar dienslewering soms ietwat laks kan wees, glo ons goeie diens moet beloon word.

Daarom nomineer Alfalfa Kontrakteurs Akkommodasie elke week `n besigheid of 3 wat besonderse diens aan ons verskaf. Met die samewerking van Vredendal Wimpy borg ons vir al die werknemers van hierdie besigheid `n koppie koffie, net om hulle so `n hupstootjie oor die midweek hump te gee.

Die doel hiervan is bloot om so `n bietjie introspeksie by besighede te ontlok wat dienslewering in Vredendal aanbetref, asook om ons dank te betoon aan die mense wat ons altyd met `n glimlag en besonderse diens ontvang.

Dankie vir u diens!

 

Alfalfa accommodation contractors accommodation self catering

Magda van Vredendal Wimpy wat, soos altyd, met `n glimlag op haar gesig ons koffies voorberei.